Muriel Brandskool beskik oor ‘n moderne, goedtoegeruste inkontinensie kliniek vir
die gebruik deur leerders wat met Spina Bifida, Paraplegie, Muskulêre distrofie en
Serebraalgestremdheid gediagnoseer is.
Die kliniek is in 2001 deur Me Phyllida Kok, destyds die senior arbeidsterapeut,
geïnisieer.
Die doel is om alle inkontinente leerders so onafhanklik moontlik te laat funksioneer
ten opsigte van hulle toiletroetine.
Leerders vanaf so jonk as 3 jaar word opgelei om die kliniek te gebruik en om sodoende
die dra van doeke te beperk en hulle menswaardigheid te verhoog. Die kliniek word
beman deur n stafverpleegster en twee assistente.